Month: Julie 2019

Die koste van betrokkenheid

Terwyl Ken Burns besig was om sy treffende dokumentêre film oor die Tweede Wêreldoorlog te maak, het hy en sy kollegas vir ure militêre inligting bestudeer en na films gekyk. Tonele van die verskriklike slag van Peleliu het snags in ontstellende drome aan hulle verskyn. Burns het later aan Rick Kushman van die Sacramento Bee, gesê: “Jy luister as ’t…

Word sigbaar voordat jy praat

Daar was ’n tyd toe ’n sekere stad aan die weskus van Amerika erg teen die evangelie gekant was. Plakkate wat heksery adverteer en allerhande onchristelike byeenkomste propageer, het oral in koffiewinkels verskyn. Vir die kerke was dit ’n baie moeilike situasie en hulle het gesukkel om toestemming van die stadsraad te kry vir die oprigting van geboue en ander…

valse voorspellings

Nuus dat ’n sonsverduistering op 22 Julie 2009 sou plaasvind, het tot ontstellende voorspellings gelei. Daar is aangevoer dat die verduistering die aantrekkingskrag so sou beïnvloed dat van die tektoniese plate “sou meegee” en dit sou tot ’n geweldige aardbewing en ’n ingrypende en verwoestende tsunami in Japan lei. Toe het die VSA se Geologiese Oorsig ’n verklaring uitgereik: “Geen…

pasop vir Wat jy begeer

Ek wonder soms waarom die Here nie die volgorde van die Tien Gebooie omgekeer het nie, want die 10de gebod hou verband met die eerste groot sonde, naamlik om te begeer. Eva se sonde was nie net dat sy lus was vir die vrugte nie, maar dat sy soos God wou wees, want dis wat Satan belowe het (Genesis 3:5).…

iets beters

Dit wil voorkom asof Abel nie in die eerste helfte van Hebreërs 11 inpas nie. Hy’s die eerste een wat aangeteken word, maar sy verhaal is nie soos dié van die ander nie. Enog is hemel toe sonder om te sterwe, Noag het die mensdom gered, Abraham het ’n mensegroep begin, Isak was ’n belangrike persoon, Josef het regeerder in…

retireer vorentoe

’n Vriend het my vertel hoedat die leiers van hulle gemeente hulleself vir twee dae afgesonder het sodat hulle kon bid, beplan en God aanbid. Hy het gesê: “Hierdie tydperk van afsondering gaan ons help om as ’n gemeente vooruit te beweeg.” Dit het vir my nogal eienaardig geklink, die gedagte om as ’t ware te retireer om voorwaarts te…

Ware vryheid

In 1776 het die 13 Britse kolonies in Noord-Amerika geprotesteer teen die beperkinge wat deur die koning van Engeland op hulle geplaas is en die stryd wat ontwikkel het, het daartoe gelei dat ’n nuwe republiek gestig is. Daardie jong nasie het die bekende Verklaring van Onafhanklikheid (Declaration of Independence) opgestel en aangeneem. Ongeveer 2,000 jaar gelede het Jesus aan…

’n slakkepas

As kind het ek graag die slakke in die blomtuin dopgehou. Die klein diertjie met die skulp, ’n slymerige magie en ogies wat soos teleskope heen en weer beweeg, het my regtig gefassineer. Maar wat regtig vreemd was, was die feit dat slakke so stadig beweeg. Hoe stadig beweeg ’n slak in werklikheid? Een navorser het vasgestel dat ’n slak…

om Die naam te Dra

Hans Geiger, Marie Curie, Rudolf Diesel, Samuel Morse en Louis Braille het almal iets in gemeen. Hulle het almal iets ontwerp of ontdek wat nou hulle naam dra. Hulle name, tesaam met baie ander mense s’n, verskyn nou in Encyclopedia Britannica’s Greatest Inventions, ’n lys van “325 ontdekkings wat ’n besondere invloed op die menslike lewe gehad het.” Ons wat…

’n Lys van bekommernisse

Terwyl ek tydens middagete onder die skadu van ’n boom in my motor gesit het, het ek my oor ’n paar sake bekommer. Toe het ’n rooi wipstertjie met ’n vet wurm in sy bekkie skielik naby my deur gaan sit en opgekyk na my. Die voëltjie het my herinner aan Jesus se woorde in Matteus 6:25-26: “Moet julle nie…